1. Sny die tamaties en aarbeie in dun skyfies. Geur mildelik met sout en peper en meng met die olyfolie en suurlemoensap.

2. Sny die kaas in dun skyfies (versier dit met ’n sterretjiedrukker as jy wil).

3. Halveer, skil en ontpit die avokado’s. Sit elke helfte met die gesnyde kant na onder op ’n snyplank en sny elkeen in dun skyfies, maar hou dit bymekaar in die halwe avo-vorm. Rangskik nou die tamatie-, aarbei- en kaasskyfies lukraak tussen die snytjies van elke avokado-helfte. Dit lyk mooi en verseker dat die geure goed trou. Plaas versigtig op ’n bed spinasie saam met enige ekstra tamatie-, aarbei- en kaasstukkies, en bedruip goed met die balsemiek-stroop.