Bestanddele
- 4 vet varkworsies
- 15 ml elk botter en olyfolie
- 2 uie, grofgekap
- 3 knoffelhuisies, gekap
- 1 lang selderystingel, gekap
- 800 g aartappels (sowat 8)
- 500 ml aftreksel
- 500 ml melk
- rooipeper en grasuie
Metode

1 Verwyder die vel van die worsies en rol die vleis in frikkadelle. Braai tot goudbruin in die olie en botter. Skep uit en braai nou die ui, knoffel en seldery tot glansend in dieselfde pan.
2 Skil die aartappels en sny in blokkies (behou die skille vir later) en voeg dit by die uie. Giet die aftreksel en melk by en bring tot kookpunt. Laat prut oor matige hitte tot die aartappels sag is – as dit geskif lyk, moenie bekommerd wees nie; verwerk dit met staafmenger tot glad.
3 Skep die frikkadelle in die sop en kook saam vir 5 minute. Geur goed met sout, swart- en rooipeper en grasuie.
Wenk Meng die aartappelskille met ’n bietjie olyfolie, sout en rooipeper en bak dit in ’n voorverhitte oond teen 180 °C vir sowat 20 minute tot bros. Draai die skille halfpad deur die baktyd om en sit dit saam met die sop voor.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET