1 Braai die ui en knoffel in die olie tot glansend. Voeg die speserye en aartappelblokkies by, en roerbraai vir 2 minute; roer gereeld om te keer dat dit brand. Voeg die blomkool, keker-ertjies en sowat 60 ml water by. Sit die deksel op en stoom vir 15 minute of tot die aartappels sag is. Geur met sout en peper.

2 Sit dit voor in pangebraaide roti’s met tzatziki.