1 Verhit die olie in ’n pan (kies een met ’n deksel) en roerbraai die ui, wortel, spek en sampioene tot geurig. Voeg die maalvleis by en braai tot die vleis lekker bruin word (breek enige klonte op met ’n spaan). Geur met die speserye en roer die rys by die pan tot al die korrels met die geurige olie bedek is.

2 Voeg die tamaties en aftreksel by en bring tot kookpunt, sit die deksel op en draai die hitte af tot laag. Laat stoom sowat 15 minute of tot die rys al dente is. Draai die hitte heeltemal af en laat staan nog sowat 5-10 minute of tot die vleis en rys geurig en gaar is. Voeg ’n skeutjie aftreksel by as dit droog lyk of laat kook dit ’n bietjie sonder die deksel as dit waterig is. Sit voor met blokkies avokado en ’n strooisel basilie of koljander.