1 Sny die vleis in 1 cm breë repe. Klits die eierwit en mielieblom saam en meng deur die vleis. Geur goed met sout en peper. 

2 Verhit die olie in ’n wok of pan en braai die bief oor hoë hitte tot goudbruin. Skep uit en braai dan die sampioene en groenboontjies in dieselfde pan tot gaar. Roer die knoffel, rissie en gemmer by en roerbraai nog ’n minuut. 

3 Roer nou die oestersous, gaar noedels en bief saam deur tot goed gemeng. Strooi die sprietuie oor en sit voor met sojasous na smaak.