1. Braai die maalvleis, ui, knoffel en gemmer saam in die olie tot goudbruin en geurig – breek die vleis deurgaans met ’n eierspaan op. Voeg die masalapoeier, brandrissie en brood by en braai tot goed gemeng. Voeg laastens die blatjang, asyn en sowat 125 ml water by en roer tot gemeng. Geur met sout en peper en laat prut met die deksel op vir sowat 20 minute.

2. Maak die beslag deur die 3 eiers te klits tot skuimerig; klits dan die melk by. Sif die droë bestanddele saam en klits by. Roer laastens die gesmelte botter by tot ingemeng en bak ses 25 cm-pannekoeke met die beslag.

3. Verdeel die maalvleis tussen die pannekoeke en rond af met die gekookte eierhelftes, vars koljander, piesang en klapper.