Smeer die vier steaks met die mosterd. Verwyder die derm van die wors, vorm die worsvleis in 4 langwerpige frikkadelle en plaas een op elke stuk voorbereide steak. Rol toe om ’n langwerpige rolletjie te vorm. Druk stewig vas of gebruik ’n peuselstokkie.

2 Verhit die helfte van die olie en botter saam in ’n dikboompan en braai die blinde vinke daarin tot mooi goudbruin alkante (sowat 5–10 minute). Skep uit en hou eenkant.

Voeg die res van die olie en botter by en braai die ui ’n paar minute lank in dieselfde pan tot glansend. Roer die patat by en braai vir ’n paar minute. Sit die vleis terug in die pan, voeg die bier, brandrissie en tamaties by, sit die deksel op en laat stoom vir 10–15 minute of tot die patat sag en die vleis sappig maar gaar is. Bedruip die babaspinasie met die geurige tamatie-vinaigrette en sit dit voor saam met die blinde vinke en lensies.