1. Braai die spek bros in die olie. Voeg die sampioene by en braai tot bruin. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin (breek die vleis deurgaans met ’n spaan op). Geur mildelik met sout en peper. Roer die tamaties by en kook vir 5 minute. Roer die pesto by.

2. Rangskik die patathelftes in ’n oondbak en skep ’n lepel van die vlees uit elkeen (meng dit met die bolognaise of skep dit onderin die oondbak). Vul die patats nou met die bolognaisemengsel en sprinkel die kaas oor. Bak in ’n voorverhitte oond teen 200 °C tot die kaas gesmelt en die vulsel deurwarm is.