Oondtemperatuur: 220 °C

1. Voorverhit die oond. Sny die botterskorsie met ’n skerp mes in dun skywe. Sny met ’n ster-koekiedrukker ’n ster uit elke skyf vir Kersfees as jy wil. Meng die skywe, ui, pesto en olie saam en sprei dit uit op ’n bakplaat. Rooster vir sowat 20 minute. Hou dop en draai die skywe soos nodig om seker te maak dis deurgaar. Sit dit dan nog 5 minute onder die roosterelement vir kleur.

2. Meng die gaar groente, sout en peper en ’n bietjie ekstra olyfolie deur die grane en skep op ’n dienbord. Voeg die pampoenpitte, feta en roket by en meng deur. Strooi laastens die parmesaan en granaatpitte oor.