1 Voorverhit die oond (200°C). Meng die botterskorsie, kerriepasta, kekerertjies en room en versprei dit in ’n oondbak. Voeg die aftreksel by en geur met sout en peper. Sit die deksel op en bak vir 30 minute.

2 Haal die deksel af en bak vir nog 15 minute tot die botterskorsie sag is en ’n mooi kleur het. Strooi die vars kruie oor en sit voor met die slaai en brood.

Wenk: Vervang die room met klappermelk as jy veganiste vir ete verwag.