1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Skil die botterskorsie, halveer en sny in dun wiggies. As die tyd knyp, koop klaar gesnyde botterskorsie en sny kleiner om die gaarmaaktyd ook kort te knip.

2 Meng die botterskorsie en ui met die olie, geur met soemak, sout en peper en bak vir 30 minute. Draai die stukke om en rooster nog 5–10 minute terwyl jy stip dophou dat dit karamelliseer en nie brand nie.

3 Stoom die koeskoes volgens die aanwysings op die pakkie tot gaar. Klits die slaaisousbestanddele saam.

4 Meng die warm groente met die koeskoes en die helfte van die slaaisous. Rangskik die res van die slaaibestanddele bo-op en sit voor met die oorblywende slaaisous.