1. Voorverhit die oond se roosterelement. Sny die broccoli en blomkool in klein stukkies, meng met die olyfolie, knoffel, mosterd, kekerertjies en preie en sit die lot op ’n bakplaat. Rooster tot gaar en die puntjies hier en daar begin bruin word (sowat 20 minute); roer af en toe.

2. Verhit intussen die aftreksel, room en aartappel saam in ’n groot pot tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut terwyl die groente rooster.

3. Sodra die oondgroente gaar is, roer dit by die aftreksel en geur met sout en peper na smaak. Jy kan die sop so ’n bietjie pols met ’n staafmenger om dit te verdik sonder om al die tekstuur te verloor. Laat prut vir nog ’n paar minute en sit voor met kaas-baguettes en, as jy dekadent voel, fyn biltongskaafsels.