1 Smeer die hoender met die olie en geur met die rissie, sout en peper na smaak. Verhit ’n pan en braai die hoender oor hoë hitte tot oraloor goudbruin. Moenie te veel roer nie, anders gaan die hoender stoom en nie ’n lieflike diep kleur kry nie.

2 Braai tot die hoender gaar is en verwyder van die hitte; skep dan die broccoli, pasta, neute en pesto in die pan. Skud tot goed gemeng en skep uit op ’n dienbord of in individuele bakkies. Strooi die kaas en vars kruie oor en sit voor met genoeg varsgemaalde swartpeper na smaak.

Wenk As die sous effens droog lyk, meng ’n bietjie van die pastawater by om al die bestanddele bymekaar te bring.