Sny die lewertjies in happiegroot stukke en week in die melk vir sowat 30 minute. Dreineer, geur met sout en peper en rol in die meel. Doop die lewer volgende in die eier en dan in die krummels.

2 Verhit die olie en braai die uie tot glansend. Skep uit, maar behou die olie in die pan en braai die gekrummelde happies in sarsies tot goudbruin, maar steeds effens blosend binne. Toets ’n happie as jy onseker is. Sodra al die happies bros is, roer die uie terug by die pan en voeg die srirachasous by. Meng deur om ’n taai sous te maak. Skep die uie op die lewerhappies en sit voor met die kapok van jou keuse en gestoomde groen groente