Oondtemperatuur: 180°C

1. Voorverhit die oond. Sit die hoender, karringmelk en speserye in ’n plastieksakkie en vryf goed in. Geur die meel met sout en peper en doop die hoender lette een vir een daarin om ’n bros buitelagie te vorm. Sit dit op ’n bord in die yskas vir sowat 10 minute.

2. Pak die groente op ’n bakplaat; roer die roosmarynblaartjies en ’n skeut olie deur. Bak tot goudbruin en gaar.

3. Vlakbraai die hoenderrepies in ’n bietjie olie tot goudbruin en deurgaar. Geur met sout en peper. Sit die hoender voor met die oondgroente, ’n ruim strooisel parmesaanskaafsels en balsemiek-glaseersel. ’n Paar basilieblare is ’n opsionele ekstra.