1 Verhit die olie in ’n klein kastrol en braai die ui tot glansend. Voeg die bulgurkoring by, gevolg deur 500ml water, en bring tot kookpunt. Kook vir 5 minute.

2 Sit die hitte af. Voeg die ertjies by die bulgurkoring, sit die deksel op die pot en stoom vir nog 5 minute tot die ertjies en koring gaar is en al die water geabsorbeer is.

3 Geur die bulgurkoring met sout en peper en strooi die ekstra olyfolie en asyn oor. Roer die feta, ment en granaatpitte deur en sit voor teen kamertemperatuur.