Burgerpasteie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 40 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 50 minute
Bestanddele
  • 60 ml - platblaarpietersielie, gekap
  • 350 g - maer maalvleis
  • 1 - klein ui, fyngekap
  • - papawersaad
  • - 2 x 250 g-rolle blaardeeg, ontvries
  • 250 g - spekrepe
  • 1 - eier, geklits
  • 15 ml - vleisspeserye
  • 2 - snye brood, gekrummel en in 30 ml melk geweek
  • 2 - agurkies, gekap
  • - olie vir vlakbraai
  • 15 ml - tamatiesous
Metode
Wenk: Kies kortpad en koop klaar burgerfrikkadelle wanneer die tyd knyp.

1 Meng die maalvleis, broodkrummels, tamatiesous, agurkies, ui en pietersielie en geur met die speserye. Vorm met nat hande in vier frikkadelle en druk plat. Draai 2–3 repe spek om elke burgerfrikkadel en braai versigtig in ’n pan tot mooi bruin alkante. Gebruik olie soos nodig. Laat effens afkoel.

2 Rol die eerste vel blaardeeg oop en verdeel dit in vier. Rol elke stuk met ’n rolstok tot groot genoeg dat ’n burgerfrikkadel daarop sal pas. Herhaal met die tweede vel. Verf die eerste vier stukke deeg met eier en plaas ’n burgerfrikkadel op elkeen. Bedek met ’n tweede vel deeg en seël versigtig met jou vingerpunte. Sny netjies rond, druk die rande vas met ’n vurk en sny ’n kruis in die middel van die boonste deegvel. Strooi papawersaad oor.

3 Sit die pasteie op ’n draadrakkie op ’n bakplaat en verf met eier. Bak in ’n voorverhitte oond teen 200 °C vir 30 minute of tot goudbruin. Draai om en bak vir nog 10–20 minute om seker te maak die deeg is reg rondom bros. 

Jongste uitgawe

Desember 2022 | Januarie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees