1 Verhit ’n dikboompan en braai die spek tot bros. Skep uit, maar behou die vet. Braai nou die worsies en uie in dieselfde pan tot geurig.

2 Roer die chakalaka en aftreksel by en smoor tot die mengsel dik is.

3 Sny met ’n skerp messie ’n sirkel in die bokant van die rolletjies. Sny die korsie af en hol terselfdertyd die broodjie effens uit. Smeer die holte ruim met botter. As jy wil, rooster die gebotterde broodjies vir 5 minute in ’n warm oond. 

4 Skep die geurige chakalaka-smoor in die uitgeholde broodjies en sit voor met ’n strooisel vars tamatie en kaas bo-op, en die uitgesnyde korsies gereed vir doop.

Pst! Die geurige smoor is ook heerlik saam met stywepap of kapokaartappels vir variasie.