1 Voorverhit die oond tot 220 °C. Meng die olie en speserye deur die bevrore wiggies, sprei dit in ’n enkellaag in ’n oondbak of op ’n bakplaat uit en bak vir 10 minute. Draai die wiggies om en bak vir nog 10 minute (of volg die aanwysings op die verpakking) tot ligbruin en bros.

2 Druk die vleis droog met kombuispapier en vryf oraloor in met die mosterd, olyfolie, kruie en sout en peper na smaak. Laat staan vir sowat 10 minute.

3 Verhit ’n pan tot lekker warm en braai nou die tjoppies, vetkant eerste (hou ’n paar op ’n slag bymekaar met ’n tang), tot lekker bruin en braai dan vir 3 minute aan ’n kant tot mooi geseël. Braai verder indien nodig tot so gaar soos verkies.

4 Klits die heuning en balsemiekasyn saam en giet dit by die pan om die tjops te glaseer; braai vir nog ’n minuut of twee tot geurig.