book-icon Uitgawe Desember 2017

Filet-en-feta-“wraps”

akkreditasie
Bereidingstyd: 15 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: Geen
Bestanddele
  • 100 g - fetakaas
  • 200–250 g - gaar oorskiet- let, in dun repies gesny
  • 1 - rooi ui, fyngekap
  • 250 ml - hoemoes
  • 40 g - bronkorsblare
  • 4 - tortillas
Metode
Vir dié resep is daar ook verskeie lekker variasies.

1. Verhit ’n pan oor matige hitte en braai die tortillas een vir een aan weerskante tot dit begin verbruin. Smeer hoemoes op elkeen.

2. Meng die filet, bronkors en rooi ui en verdeel dit tussen die gesmeerde tortillas. Geur met sout en swartpeper. Krummel fetakaas oor en vou toe.

Variasies

  • Gebruik oorskiet-lamsvleis pleks van filet.
  • As jou begroting dit toelaat, voeg gekapte pistasieneute of geroosterde amandels by vir ’n bietjie knars. 
Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees