1 Verhit die helfte van die olie en braai die sampioene tot goudbruin en gaar. Roer die knoffel, boontjies en speserye by en verhit tot deurwarm en geurig. 

2 Klits die eier en jogurt saam tot glad; geur met sout en peper. Verhit die res van die olie in ’n skoon pan. Doop die tortillas een vir een in die eiermengsel en braai elkeen oor matige hitte tot goudbruin alkante en gaar, maar nie droog nie. Gebruik genoeg eier om seker te maak die koekies het lyf. As daar eier oorbly, bak dit sommer net so in die pan en verdeel dit dan tussen die gebraaide tortillas. 

3 Skep die sampioen-en-boontjiemengsel, feta, avokado en spinasie bo-op die gebraaide tortillas en geniet warm.