1. Voorverhit die oond tot 180°C. Geur die maalvleis rojaal met sout en peper en meng die broodkrummels en speserye deur. Rol met klam hande in 12 ewe groot frikkadelle. Draai ’n reep spek om elkeen.

2. Verhit die olie in ’n oondvaste pan en braai die frikkadelle tot hulle begin kleur kry. Voeg die tamaties by en bak in die oond vir sowat 30 minute of tot gaar en sappig. Strooi die basilie oor en sit voor.