1 Verhit ’n riffelpan tot lekker warm en skroei die varksteaks en perskes tot dit mooi lyntjies alkante het en die vleis amper gaar is.

2 Klits die heuning, olyfolie en balsemiekasyn saam en verf oor die vleis. Verlaag die hitte en braai die vleis vir nog ’n paar minute versigtig todat dit mooi glansend is. Verwyder die pan van die hitte.

3 Meng die warm perskes en enige pansouse dadelik deur die babaspinasie en rangskik saam met die steaks op die gaar koeskoes met ’n strooisel basilie bo-oor.

Wenk
Olie in ’n riffelpan kan baie rook en die vleis ’n bitter smaak gee; daarom voeg ons dit aan die einde saam met die glaseersel by en nie van die begin af nie.