book-icon Uitgawe Desember 2008

Gesinspizza met wors en mozzarella

akkreditasie
'n Treffer vir die hele gesin
'n Treffer vir die hele gesin
Bereidingstyd: 25 minute
Porsies: 2 pizzas
Gaarmaaktyd: 25 minute
Bestanddele
  • 200 ml - songedroogde-tamatiepesto
  • 500 g - gekoopte brooddeeg
  • 200 ml - gerasperde mozzarellakaas
  • ’n hand vol - basilieblare
  • 6 - ontbytworsies, in dun skyfies gesny
Metode
'n Treffer vir die hele gesin.

1 Knie die deeg af, verdeel in twee en rol dit op bakpapier baie dun uit om in bakplate te pas. Smeer albei deegbasisse met ’n lagie pesto en laat staan vir ongeveer 10 minute op ’n warmplek om te rus. Voorverhit die oond tot 220ºC.

2 Verdeel nou ook die worsies en kaas tussen die pizzas en bak een-een of albei saam, as jou oondspasie dit toelaat, vir 20 minute of tot deurgaar. Sprinkel met basilieblare en sit warm in skywe voor.

Jongste uitgawe

September 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees