1. Verhit die olie en braai die ui, brandrissie, gemmer, knoffel en kerriepoeier saam tot geurig. Roer die groente en lensies by en voeg die aftreksel en die klappermelk by. Bring tot kookpunt en laat prut sonder ’n deksel vir sowat 30 minute. Onthou om nie sout by te voeg nie – dit kan die lensies taai maak.

2. Roer nou die spinasie, lemmetjiesap en koljander by, asook sout en peper na smaak. Laat prut vir nog sowat 10 minute. Druk ’n staafmenger in die sop en pols dit ’n paar keer om die sop te verdik sonder om alles heeltemal fyn te maak.