1. Verhit die olie en braai die spek tot goudbruin en gaar. Roer die ui, soetrissie en wortel by en braai tot glansend. Voeg die speserye en rys by en roer tot al die korrels met olie bedek is. Roer die ertjies deur en giet die aftreksel by, sit die deksel op en laat prut tot die rys gaar is (sowat 20 minute). Vul die vloeistof aan indien nodig.

2. Strooi die pietersielie oor en sit voor.