book-icon Uitgawe April 2021

Geurige varkrepies met aartappelslaai

akkreditasie

1 Halveer die aartappels en kook dit in soutwater tot gaar en sag. Dreineer. Klits die mayonnaise, jogurt, knoffel en suurlemoensap saam en geur na smaak met sout en peper. Meng warm deur die aartappels en skep op ’n bord. Strooi die radyse oor. 

2 Geur die varkrepies na smaak met sout en peper. Verhit die olie in ’n swaarboompan oor hoë hitte; voeg die helfte van die vark by. Werk in sarsies sodat daar heelwat plek rondom elke repie in die pan is. Laat die repies bruin braai aan die een kant, draai hulle om met ’n tang of spaan en braai dan die ander kant. Skep uit en herhaal met die res. 

3 Roerbraai die knoffel en gemmer saam in dieselfde pan tot geurig. Roer die sous by en meng tot deurwarm en borrelend. Skep die gebraaide vark terug in die sous en meng tot bedek en geglaseer. Sit voor met die aartappelslaai en ’n groenslaai.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

September 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees