Bestanddele
- 4 groot skorsies
- 15 ml olyfolie
- 400 g maer maalvleis
- 1 knoffelhuisie, gekap
- 1 rooi brandrissie, gekap
- 250 ml bevrore gemengde groente
- 200 ml klaar kaassous
- 250 ml gerasperde cheddar
Metode

1 Sny die skorsies middeldeur en kook in gesoute water vir 10 minute of tot sag. Haal uit, dreineer en krap die pitte uit. Sit die skorsie-“bakkies” op ’n bakplaat.
2 Verhit die olie in ’n pan en braai die maalvleis, knoffel en rissie tot geurig en gaar. Roer die groente by en geur na smaak met sout en peper; sit ’n deksel op die pan en stoom vir 5 minute.
3 Voorverhit die roosterelement. Skep die vleismengsel in die skorsies, giet die kaassous oor en rond af met ’n hand vol kaas. Bak vir sowat 5 minute of tot die kaas borrel. Sit voor met ’n slaai.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET