1 Giet kookwater oor die ertjies en laat dit stoom vir 5 minute of tot net sag. Dreineer en meng met die kruie, roomkaas en suurlemoensap en-skil. Pols met ’n staafmenger tot ’n growwe pesto en geur na smaak met sout en peper.

2 Kook die gnocchi in soutwater totdat die happies dryf (volg die aanwysings op die pakkie), skep met ’n gaatjieslepel uit die water en meng warm met die ertjiepesto.

3 Terwyl die gnocchi kook, verhit die olie en botter saam tot gesmelt en braai die vis tot net gaar – engelvisfilette is gewoonlik maar dun, so hou fyn dop dat dit nie oorgaar braai nie. Sit die vis en gnocchi saam voor met ekstra suurlemoenwiggies en, as jy wil, ’n strooisel mikrokruie vir tekstuur.