1. Verhit die olie tot warm. Geur die vleis met die mosterdpoeier, sout en peper en braai vinnig oor hoë hitte tot goudbruin. Skep uit en roerbraai die ui en knoffel in dieselfde pan tot glansend. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Skep die vleis terug in die pan saam met die suurroom en die aftreksel en strooi die pietersielie oor. Verhit tot dik en deurwarm.

2. Bring ’n pot soutwater tot kookpunt en voeg die gnocchi by. Skep die gnocchi uit sodra dit begin dryf en sit dit voor saam met die vark.