Groen groentekerrie met rys

akkreditasie
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 25 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 20 minute
Bestanddele
  • 1 - klein kop broccoli, in happiegroot stukke gesny
  • 60 ml - amandelvlokkies, gerooster
  • 30 ml - gekapte vars koljander
  • 30 ml - olie
  • - sowat 45 ml groenkerriepasta
  • 125 ml - klapperroom
  • 200 g - groenboontjies, dungesny
  • 1 - klein wit ui, gekap
  • - lemmetjie- of suurlemoensap
  • 30 ml - klapperskaafsels, gerooster
  • 1 - eiervrug, in blokkies gesny
  • 250 g - basmati- of jasmynrys, gaar gestoom
Metode
’n Liplekker vleislose opsie.

1 Verhit die olie in ’n pan en braai die eiervrugblokkes tot gaar en lekker bruin alkante. Skep uit en braai die ui tot glansend. Voeg die broccoli en boontjies by en braai vir ’n paar minute. Die groente moet nog ’n lekker knars behou.

2 Roer die kerriepasta en gaar groente by en braai dit saam vir ’n minuut. Roer nou die klapperroom en -skaafsels, asook 60 ml kookwater by en verhit tot deurwarm. Proe en geur met sout en peper, vars koljander en lemmetjie- of suurlemoensap na smaak.

3 Om voor te sit, skep die rys in bakkies en skep die geurige kerrie bo-op. Strooi die amandels oor en smul dadelik.

Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees