Verhit die olyfolie en braai die ui, wortels, seldery en murg­ pampoentjies tot glansend en gaar. Voeg die brandrissie en knoffel by en braai vir nog ’n paar minute tot goed gemeng. Roer die aftreksel by en bring tot kookpunt; laat prut vir 5 minute. Roer dan die ertjies, spinasie en ravioli by en kook volgens die aanwysings op die pakkie tot die pasta gaar en sag is. Sit die sop stomend warm voor.