1. Verhit die olie in ’n groot pot en braai die spek tot bros. Voeg die ui, knoffel en brandrissie by en roerbraai tot glansend. Voeg die wortel en seldery by en braai goed tot die groente begin karamelliseer (minstens 3 minute). Roer die tamaties en aftreksel by en laat prut vir 10 minute.

2. Roer die pastarys by en kook tot net sag (sowat 10 minute; lees die aanwysings op die pakkie). Roer die spinasie en/of roket 5 minute voor die einde van die gaarmaaktyd by. Geur met sout en peper na smaak.