1. Verhit ’n riffelpan en braai die eiervrugskywe tot gaar met mooi riffellyntjies alkant ingebrand. Klits die asyn, suiker, 100 ml olyfolie en mosterd saam en meng dit deur die tamaties, ui en gebraaide eiervrug. Geur met sout en peper.
  2. Oondrooster die broodblokkies liggies tot ’n mooi ligbruin kleur en laat afkoel. Pak die eiervrugslaai op ’n dienbord saam met die murgpampoentjiespaghetti, kruieslaai en broodblokkies. Sny die halloumi in skyfies en rol elkeen in die meel. Verhit die 15 ml olyfolie in ’n gewone braaipan en braai tot alkante goudbruin. Pak dit op die slaai en sit dadelik voor terwyl die kaas nog warm is.