1 Maak met ’n skerp mes drie of vier diep insnydings deur die vel in elke stuk hoender. Meng die kruie en sout en voeg die suurlemoenskil by. Vryf die hoender oraloor in met die geursout en die olie.

2 Braai die hoender oor warm kole of in ’n riffelpan op die stoof tot mooi goudbruin en gaar. Drup vars suurlemoensap oor die hoender net voor jy dit van die hitte afhaal.

3 Stoom of braai die groente soos jy daarvan hou en sit voor saam met die hoender en bronkors.