Oondtemperatuur: 200 °C

1 Verhit die olie en braai die maalvleis tot mooi bruin en korrelrig. Geur met die koljander, komyn, sout en varsgemaalde swartpeper na smaak. Roer die knoffel, tamatiepuree, worcestersous en tiemie by en braai nog ’n paar minute.

2 Strooi die meel oor die vleis, roer deur en voeg die aftreksel en gemengde groente by. Verlaag die hitte en laat prut 15 minute. Skep in ’n oondvaste bak en voorverhit die oond.

3 Smelt die botter in ’n klein kastrol, klits die meel by en braai ’n paar minute. Klits die melk geleidelik by om te keer dat daar klonte vorm en laat prut die sous dan vir 5 minute. Geur met sout, peper en neutmuskaat. Verwyder van die hitte en roer die blomkool en die helfte van die kaas by.

4 Skep die witsous en blomkool bo-op die vleis, strooi die ekstra kaas oor en bak vir 20 minute.