1 Keer die boontjies, klappermelk en tamaties uit in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt. Laat prut vir ’n paar minute tot ’n geurige sous.

2 Roer die hoender by die sous en verhit tot deurwarm. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper en strooi die koljander oor. Heerlik saam met gestoomde rys.