1. Maak die koring gaar volgens die aanwysings op die pakkie. Meng met die lensies en klam aan met sowat 60 ml van die olie waarin die tamaties gemarineer is.

2. Kap die songedroogde tamaties en meng saam met die komkommer, hoender en wortel by die lensiemengsel. Voeg laastens die slaaiblare by en skep op ’n mooi dienbord. Sit voor met die hoemoes in ’n aparte bakkie.