Bestanddele
- 500 ml bulgurkoring
- 1 liter hoenderaftreksel, kokend warm
- 5 ml elk fyn kaneel en komyn
- 3 groot hoenderborsies
- 100 ml olyfolie
- 1 ui, gekap
- 3 tamaties, in blokkies gesny
- 'n hand vol gekapte pietersielie
Metode

1 Giet die hoenderaftreksel oor die bulgur en laat staan vir sowat 20 minute of tot die koring sag is.
2 Sny die hoenderborsies in dun repies en meng met die kaneel en komyn. Braai die repies in die helfte van die olyfolie tot goudbruin en gaar. Skep uit en hou eenkant. Braai nou die ui in die res van die olie tot sag en glansend.
3 Meng die hoender en ui, gekapte tamatie en pietersielie deur die bulgur, geur met sout en peper en sprinkel met ekstra olyfolie en suurlemoen sap na smaak. Laat staan dit vir ’n paar minute sodat die geure kan ontwikkel en sit voor met kraakvars slaaiblare en platbrood.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET