1 Meng die gort, wit bone, pesto, groenbone en ertjies, en hou eenkant.

2 Meng die olyfolie deur die hoender, geur met sout en peper en braai tot goudbruin en gaar in ’n pan oor hoë hitte.

3 Om voor te sit, meng die hoender warm deur die gort en skep op ’n mooi bord. Strooi ’n hand vol blaarslaai oor, met ’n skeutjie ekstra olyfolie na smaak.

Wenk Vervang gerus die gort met ’n mengsel van koeskoes en kekerertjies.