1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Neem ’n skerp mes en maak twee diep insnydings in elke stuk hoender. Meng die borrie, lemmetjiesapen -skil, knoffel, gemmer en olyfolie deur die hoender en sprei dit in ’n enkellaag uit in ’n oondbak saam met die ui. Voeg die aftreksel by en bedek met foelie of ’n deksel. Bak vir 30 minute. 

2 Halveer die murgpampoentjies in die lengte en voeg dit by die hoender. Geur alles met sout en peper en bak oop vir nog 15 minute of tot die hoender en murgpampoentjies gaar is en ’n mooi kleur het. Strooi die basilie oor en sit voor met bruinrys.