1. Geur die hoender rojaal met sout, peper en die Dijonmosterd. Verhit die olie in die pan en braai die hoender oraloor bruin. Roer die knoffel, blomkool en broccoli by saam met die neutmuskaat. Giet die room oor en laat prut tot die hoender deurgaar en die groente al dente is, en die sous effens ingedamp het.

2. Kook die rys volgens die aanwysings op die pakkie in soutwater tot gaar. Sny die hoender in skyfies en skep saam met die groente en sous op die rys. Sit dadelik voor.