Hoender met chorizo en botterbone

akkreditasie
Francois Oberholster
Bereidingstyd: 15 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 35 minute
Bestanddele
  • 125 ml - aftreksel
  • 2 - blikke botterbone, gespoel
  • 1⁄2 - rooi ui, in dun wiggies gesny
  • 1⁄2 - kop blomkool, in blomme gebreek
  • 4 - hoenderborsfilette
  • 15 ml - olyfolie
  • 1 - chorizo-worsie, dungesny
Metode
Smul aan die winterwarm wenner.

1. Braai die wors in die olie tot lekker bros; skep uit en behou die geurige olie. Maak drie insnydings in elke hoenderborsie (dit help dat die hoender meer eweredig gaar word) en braai die hoender met die gesnyde kant eerste tot goudbruin. Roer die ui en blomkool by en braai vir nog ’n paar minute.

2. Skep nou die chorizo terug in die pan en roer deur saam met die bone en die aftreksel. Sit die deksel op en laat prut vir sowat 10 minute of tot die hoender gaar is. Geur met sout en peper en ’n strooisel vars kruie soos platblaarpietersielie. Druk die bone effens fyn en smul. 

Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees