Hoender met jasmynrys

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Francois Oberholster
Foto: Francois Oberholster
Bereidingstyd: 20 minute
Porsies: 4
Gaarmaaktyd: 40 minute
Bestanddele
  • 4 - groot stukke hoender
  • 6 - takkies tiemie
  • 15 ml - olyfolie
  • 140 g - ertjiepeule, gesny
  • - gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 250 ml - jasmynrys
  • 140 g - klein mielies, gesny
  • 1 - liter aftreksel
  • 45 ml - botter
Metode
Maak aandete in ’n kits met hoender en rys.

1 Maak ’n paar diep diagonale insnydings deur die vel van elke stuk hoender en vryf dit in met die botter, tiemie, suurlemoenskil en ’n ruim strooisel sout en peper. Verhit die olie in ’n dikboompan en braai die hoender bruin oraloor. Dis belangrik om die hoender goed te braai sodat dit dieselfde tyd as die rys gaar sal wees (raadpleeg die gaarmaaktyd op die pakkie van die rys).

2 Voeg die rys by die hoender in die pan en braai vir nog ’n paar minute. Strooi nou die groente by en giet die aftreksel in die pan. Sit die deksel op en laat prut vir sowat 35 minute of tot die rys en hoender gaar is. Sit voor met vars suurlemoen en basilie as jy wil.

Jongste uitgawe

Desember 2022 | Januarie 2023

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

OPKNAP

Jongste uitgawe
Die jaarlikse Tuis Opknap-gids is nou te koop, met inskrywings uit ons jaarlikse Regruk met Flair-wedstryd, aangebied in samewerking met JoJo.
Begin lees