1 Maak ’n paar diep insnydings in elke dytjie en boudjie, meng die olyfolie deur en geur mildelik met sout peper. Voorverhit die oond tot 180 °C.

2 Braai die hoender in ’n oondvaste pan tot al die stukke mooi bruin is. Voeg die pynappelringe en -stroop saam met die res van die bestanddele by en roer deur.

3 Bak vir sowat 30 minute tot stroperig en deurgaar. Sit voor met gestoomde rys of noedels, en strooi die kasjoeneute oor indien gebruik.