1 Smelt die botter en olie saam in ’n pan en braai die sampioene en uie tot mooi bruin. Roer die knoffel by.

2 Rol die hoender in die meel en geur met sout en peper na smaak. Stoot die groente eenkant in die pan en braai die hoender ook in die pan tot oraloor geseël. Voeg die aftreksel, tamatiepasta en tiemie by, bedek en laat prut vir 25 minute of totdat die hoender gaar en die sous geurig is. Dis heerlik saam met rys.