1 Kook die pasta in soutwater tot al dente.

2 Meng intussen die hoender en olie en geur rojaal met sout en varsgemaalde swartpeper na smaak. Verhit ’n dikboompan tot lekker warm en braai die hoenderhappies tot goudbruin en gaar. Probeer om die vleis eers te laat bruin word aan een kant voor jy dit begin roer.

3 Roer dan die knoffel, brandrissie, kappertjiesaad, olywe, suurlemoenskil en pietersielie by, meng deur en verlaag die hitte.

4 Sodra die pasta reg is, skep dit nat-nat met ’n pastalepel uit die water direk in die pan met die hoender, en meng deur. Die hoendermengsel en pastawater sal saam ’n sousie vorm. Meng die helfte van die kaas deur die pasta, skep op en sit voor met ekstra swartpeper en die oorblywende kaas.