1 Verhit die olie en braai die chorizo tot bros. Skep uit en behou die geurige olie. Braai nou die hoenderlewertjies daarin oor hoë hitte tot goudbruin aan die buitekant en nog net-net pienk binne. Geur met sout en peper, skep uit by die chorizo en verhit die tamaties en asyn saam in dieselfde pan.

2 Rangskik die blare, wortel, avokado, ui, chorizo en hoenderlewertjies in ’n mooi bak en sprinkel die tamaties en asynsousie bo-oor. Sit dadelik voor met die croutons en ekstra asyn na smaak.

Wenk Pleks van croutons kan jy die slaai in sagte broodrolletjies voorsit – dis ook meer vullend.