1 Braai die spek in die olie en botter tot bros, skep uit en braai die lewer in die behoue vet tot oraloor goudbruin. Skep uit (al is die lewer nog nie deurgaar nie) en braai die sampioene.

2 Giet die wyn by sodra die sampioene lyk of dit mooi kleur het en skraap enige bruin deeltjies los wat op die bodem van die pan vassit.

3 Voeg die gebraaide spek en lewer, asook die room, by die pan en laat prut rustig tot die room met die helfte ingedamp het en die lewer net-net gaar is. Strooi die pietersielie oor en geur na smaak met sout en peper. Skep op die brood en geniet warm.