1 Meng 15 ml olie deur die hoender en geur met sout en peper. Braai in ’n dikboompan tot goudbruin oraloor en amper gaar. Voeg die pruimsous en sesamsaad by en braai tot deurgaar en gekaramelliseer. Verwyder van die hitte.

2 Roerbraai die groente in die res van die olie tot gaar, maar steeds bros. Meng die gaar hoender deur die groente saam met die gemmer, grondboontjies en koljander. Sit warm voor op bruinrys met sojasous na smaak.